Munte
Vir 'n vergelyking van die onderlinge verhouding van die muntwaardes kan daar die beste uitgegaan word van die stuiver: Dan kom die volgende tabelletjie tot stand:
1 penning = 1/16 stuiver |
1 duit = ⅛ stuiver = 2 penningen |
1 dubbeltje = 2 stuivers = 32 penningen = 16 duiten |
1 schelling = 6 stuivers = 96 penningen = 48 duiten = 3 dubbeltjes |
1 gulden (f) = 16 stuivers |
1 Rijksdaalder (Rds.) = 48 stuivers (= f 3) |
1 Ducaton = 72 stuivers (= Rds. 1½ = f 4½) |
Die gulden en rijksdaalder was rekenmunte; aan die Kaap is hulle, net soos die (silwer) Ducaat, volgens die sogenaamde ‘Indische’ valuasie gereken, soos hierbo gegee. In Nederland was die gulden 20 stuivers, die rijksdaalder 48 stuivers, die ducaat 66 stuivers.
'n Goudgulden is op 28 stuivers gewaardeer, of 1,4 gulden.
Partykeer is die Spaanse mat ook gebruik; dit was gelyk aan 8 realen oftewel 1 rijksdaalder.