Verspreide Gepubliseerde Verse
Die verspreide verse wat in hierdie rubriek opgeneem is, het almal vroeër in tydskrifte of koerante verskyn. Die reeks verse ‘Holland 10 Mei 1940’ is oorspronklik in De Stoep van April 1944 en daarna in Die Volkstem van 24 Julie 1944 in 'n enigsins netter vorm (en met een gedig weggelaat) oorgedruk. Die teks wat ek hier weergee, is 'n keuse uit die beste variante. Die tiende gedig in die siklus verskyn ook in Geseënde skaduwees, maar word hier ter wille van die verband weer afgedruk.