| |
Dingaansdag
Die volgende drukke van Dingaansdag is geraadpleeg: eerste druk, Pretoria, J.L. van Schaik, 1920; tweede druk, 1925; en vierde druk, 1950.
Die ingrypendste veranderinge in Dingaansdag is in die tweede druk aangebring. Tensy anders vermeld, kom die variante wat hieronder volg, dus almal uit die eerste druk en is die wysigings in die uitgawe van 1925 aangebring. Veranderinge in interpunksie en spelling en die wysiging van ‘as’ na ‘soos’ word nie hier genoteer nie, behalwe waar hulle betekeniswysigings tot gevolg het.
By die eerste druk van hierdie bundel het Leipoldt hulp ontvang van W.M.R. Malherbe, terwyl J.J. Smith met die oog op 'n tweede uitgawe gevra is om die werk te hersien. Hieroor sê Smith die volgende: ‘Die tweede uitgawe van Dingaansdag (1925) het heelwat bespreking en briefwisseling vereis. “Al die storende van gebrekkige taal en vers” - om professor Dekker se woorde te gebruik - kon natuurlik nie oral verwyder word nie; maar die digter en sy handlanger het ten minste hulle bes gedoen. Die tweede druk verskil dan ook in baie opsigte van die eerste: nie alleen is die taal en spelling op ingrypende wyse hersien nie, maar die digter het ook op verskeie plekke toevoegings en verbeterings ingelas, terwyl daar op ander plekke versreëls en strofes geskrap is’ (Die Huisgenoot, 9 Mei 1947; opgeneem in P.J. Nienaber se C. Louis Leipoldt, eensame veelsydige, Johannesburg, 1948; vergelyk ook die ‘Voorwoord’ tot die tweede druk Dingaansdag).
| |
‘Aan my vrinde’:
‘Neem wat ek aanbring as 'n blyk
Van vrindskap wat sy dank erken
Vir wat hy wederkerig wen
Deur vrindskap wat die vrind beryk.’
| |
‘Die aanroeping’:
Aangesien hierdie gedig ingrypend herskryf en die volgorde van reëls by tye verander is, word die eerste druk hier in sy geheel weergegee.
Die aanroeping
O Land, my Moederland, my Afrika!
Diep smart-verwonde Moeder, steun my stem!
En met jou liefde en leed besiel my lied!
Leen my die mag om met gewyde hand
| |
| |
'n Baksteen by te sit aan wat al reeds
Gestapel is vir onse volkspaleis.
Verlig my, Moeder, deur jou liefdeglans
Wat veld en bult en koppie en krans bestraal,
Wat geil die saad laat opskiet tot die groen
Wat in die eerste somer oor die land
'n Golwend see van teerste smarag trek;
Wat met rooi prag die kafferboom belaai,
En met 'n suiwer goud die alwynblom.
Verstrek my moed om agtertoe te sien,
En afgedane werk te vergelyk
Met wat nog wag vir hande as liefdewerk;
Die moed om sonder skroom en sonder skimp
Waar blaam was blaam te vind, en waar daar prys
Te gee was, prys te gee; te eer wat eer,
Deur eerlik doen of late, waardig is;
Dat ek die droef geskied'nis wat ek sing
Opreg, met al sy smart en al sy spyt,
Sy wonderglans van werklik wondermoed,
Uiteen kan sit, met wat jou liefde wek,
Gevoel van vaste hoop en vurige trou,
Geloof in wat die kiem tot groei besit
Wat laag lê in ons harte en ons volk;
En kennis van wat nog ontbreek om klaar
En vol-kompleet die werk wat wag te maak.
Gee bystand, Moeder, as die taak te hard
En te ondankbaar skyn, en met jou lig
Bestraal wat in my lied verligting eis.
Hy, digter, wat in duister vir sy volk
Die helde-heer van Ilion het besing,
Akiel se wraak en Priam se seun se dood,
En die lang slenterreis van Ulisses,
Hy het vertrou sy volk sal groter wins
Uit ongebore jare ryklik haal,
Om met verenig arbeid voort te gaan
Op paaie deur die helde vroeër betree.
En ek, wat t'rug dink na die worsteltyd,
Gun, as ek dink, myself die hoop, ons wen
Deur broederlik gesamelde nasievlyt,
Die reg om volk te wees, as volk te staan
In dae wat nog verder vooraf lê.
Gedwarsboom deur die dageliks drukkende las
Wat moeg maak en wat afmat, kan dit wees
Dat verder peil vir ons onreikbaar is,
En laer lot as lofloos deel genoeg;
So mag dit wees, miskien, dat Afrika
Soos eenmaal ou Italië, slaaf moet staan
'n Smartekroeg, 'n stuurmanlose skip,
Ontmeesterd van haar eie, 'n bordeel.
So mag dit wees, hiernamaals as ons kom
| |
| |
Diep in die dodeland waar geeste woon
Wat eenmaal vleis en been op aarde was,
Dat een ons aantref, een wat bloed van ons
In lewe was en vir sy lewensland
Nog liefde oorhou. ‘Wat gebeur daarbo?
Hoe staat dit met my land?’ en ons moet sê
‘So staat dit met ons land. Verdeeld, verspil,
Die kragte, wat verenig, seë bring;
Vermink die mannemoed, verbreek die mag
Wat eens die wilde woeste het oorwen.’
En hy wat hoor sal, soos Sordello, roep
‘O wee my land wat tot 'n slaaf versink!’
So mag dit wees as kind se kinders vra
Vertelsels uit die lang ou jare dood
En luisterend roep: ‘Hoekom het ons vandag
Nie wat ons vroeër had nie?’
Nie en vergewe nie. Wat vorder Nou
Moet Nou geskied, en wie op Later wag,
Wag op 'n skim wat skaduloos versmelt.
O, Moeder, ryk aan smarte, ryk aan moed,
En ryk beloon deur wat Natuur verspil,
Leen elke seun, wat van jou weelde wen
Genot om lewe ryklik te geniet,
Die krag om wat geniet word te betaal
Met loon wat deur betaling liefde wek.
Leen hem die krag om, as verdeeldheid druk,
Wat een was uitmekaar, sy steun te gee
Om wat verdeeld is weer tot een te maak.
Tas met jou hand sy onsiende oë aan
Dat hy, soos Saul van Tarsus, weer kan sien
Die doel wat dieper as die vlakte lê.
Jy moeder, jy besit die mag! Jy hou
Hier in jou skoot 'n weelde wat oortref
Al wat rondreisende Skeba's koningin
Op Salmon's hof verwonderd het gesien.
Meer as die fabel-Genius, wat, belaai
Met edelstene uit die smarag-see,
Omrede van sy eed 'n meester dien,
Onwillig voor sy meester neer moet lê.
Wie het die reg, as hier die lente leer
Hoe kort die winter-slaaptyd eintlik is,
Wie het die reg, as hier die dageraad breek,
In pêrelgrys bevlek met rooi robyn
Om t'rug te dink aan winter en aan nag,
Aan gisteraand se sterre en skemergroen?
O glorie-songloed, wat jou goud verspil
Die ooste oor, en van die bergrand maak
'n Kroon wat skitter met besielde prag,
| |
| |
Wie durf die donker aanroep en verbeel
Dat duister en dood oorwinning sal behaal?
Die dag breek aan. In doringbosstruik en riet,
En slanke wilger wat oor water treur,
Ontwaak die koor van vinke in môrevreug,
En op die vlakte voel die blom sy bloed
En werp sy geur uit om die dag te groet.
Hier is 'n tuin van weelde, wierook vol,
Wild skildpadbessies in bloei en geel slangwortel,
En rooi rabas en goudgeel stekeltee,
En rankende bitterappels in die sand,
En droedraskruid wat op die droogte teer,
Met sieketroos en wilde kamomille,
Graweelkruid, rosmaryn en ramanas,
Bospeper, veldskoenblaar, en in die vlei
Die maarman sonder blomme, en boesmangras.
Nou punt op punt en streek op streek verloor
Die veld sy grys, en waar die skadu was,
Daar skyn die son, en deur sy glans gelok
Kom koggelman en geitjie uit sy skeur
Om op die warm bestraalde klip te speel;
En elke bos word lewendig met die lied
Van duisend sangertjies wat tjirp en fluit
'n Welkom vir die dag wat hier begin.
'n Somer-dageraad; waar die berge skerp
Die lang gelykte van die ooste breek
Met bult en kop en windgekerfde tand,
Daar straal 'n gloed van grys en perlemoen
Met jasintpunte en vlekke van vermiljoen,
Wat lewe en bewe en skitter en skyn met kleur
En breek tot laaiende vlamme van rooi goud,
Waarteen die donker purper van die rand
In somber glorie-prag as skadu staan.
En in die voorgrond, pêrelgrys en groen,
Lê leegte en laagland, dou benat en dof
Gesluier deur bewende môremis wat rys,
Uit slaap gewek en vogtige drome-rus,
Half sku die hemel in om daar te kry
Hulp van die wolke wat die klowe dek
En nuwe vog, wat vrugbaar vir die reën,
Die laagland en die leegte later voed
Met nuwe lewe vir 'n nuwe tyd.
O swanger grond en moeder-liewe turf,
Wat in jou skoot die tere kiem bewaar
Met warme liefde tot die wonderwerk
Verrig is en die groen spriet son toe skiet.
O Moeder, oud en wys deur wat die tyd
Vrygewend gee in rykste owerskot
Deur ondervinding eeue deur geleen
En eeue deur herhaal, gee lig, en lag
| |
| |
'n Welkomsgroet wat hoop en sterkte bring
En tot geduld en nuwe werkkrag spoor.
II |
p. 67, vers 2: ‘nie’ aan die einde ontbreek |
|
p. 67, vers 3: ‘Geen meelydend woord’ |
|
p. 67, vers 4: ‘nie’ aan die einde ontbreek |
|
p. 68, vers 4: ‘'n nuw land’ |
|
p. 68, vers 5: ‘Nie deur die onreg nie’ |
|
p. 68, vers 7: ‘in die vroe' môre’ |
|
p. 68, vers 14: ‘omraam deur’ |
|
p. 68, vers 17: ‘tot laaie dageraad’ |
|
p. 68, vers 18: ‘Die toekoms te verlig’ |
|
III |
p. 68, vers 7: ‘Wat eenmaal slawe was, is vry’ |
|
p. 68, vers 16: ‘Daar onder die lang grafplek-gras: -’ |
|
p. 68, vers 19: 1ste druk: ‘Jou pagoed was 'n eerlik man,’; 2de druk: ‘Jou tater was 'n goeie man:’ |
|
p. 69, vers 11-12: ‘Die swartgoed wat wil Oubaas hê? / Moet ons hier agterbly of gaan?’ |
|
p. 69, vers 13-16: ‘En ou Regina's skouers rek / Dat ou Regina's tjalie bewe, / “Soos Mali sê, so waar ek lewe, / Gaan ek en Ounooi saam op trek.”’ |
|
p. 69, vers 22-24: ‘Beperk tot mislik kleinigheid, / Wat woeker op weldadigheid / En in offerande plig bespeur,’ |
|
IV |
p. 69, vers 2: ‘En het jy vrees’ |
|
p. 69, vers 7-8: ‘Die donker in te gaan, en te verlang / Na lig wat sleur en weier weg te win?’ |
|
p. 70, vers 3: ‘En kil berou en kommer! Wat jou berg’ |
|
p. 70, vers 5: 1ste druk: ‘verspild verdriet’; 2de druk: ‘verstilde verdriet’ |
|
p. 70, vers 11: ‘dageraad’ |
|
p. 70, vers 13: ‘Wie aanhou, moed vertrouevol, moet win’ |
|
p. 70, vers 15: ‘die son moet skyn,’ |
|
V |
p. 70, vers 5: 1ste druk: ‘lomm'ryk’; 2de druk: ‘lommerryk’ |
|
p. 70, vers 10: ‘met tiemie en minjonet’ (dieselfde wysiging in vers 18) |
|
p. 70, vers 14: ‘geklouter stryk’ |
|
p. 70, vers 15: ‘Tot boontoe’ |
|
p. 70, vers 16: ‘En tussen klimop-rose pryk,’ |
|
p. 71, vers 5-6: ‘'n Nuwe oord te win, / 'n Nuwe land te kry’ |
|
p. 71, vers 10: ‘Vaarwel, vaarwel, vaarwel!’ |
|
VI |
p. 71, vers 2: ‘Die raar ru Kango-t'bak versmelt,’ |
|
p. 71, vers 11: ‘Versluier met’ |
|
p. 71, vers 14: 1ste druk: ‘En kruip terug eergister toe,’; 2de druk: ‘En kruip eergister toe terug,’ |
|
p. 71, vers 15: 1ste druk: ‘Toe in die môreskemer vroe’; 2de druk: ‘Toe in die môreskemer-lug’ |
| |
| |
|
p. 71, vers 17: ‘Nog deur die lug gefluister het,’ |
|
p. 71, vers 22: 1ste druk: ‘huislik eenvoud’; 2de druk: ‘huislike eenvoud’ |
|
p. 71, vers 23: 1ste druk: ‘leeuriksdeuntjie’; 2de druk: ‘leweriksdeuntjie’ |
|
p. 72, vers 2: ‘Sekuur en vreedsaam elke nag,’ |
|
p. 72, vers 3: ‘En sonder lotgeval die dag’ |
|
p. 72, vers 10: 1ste druk: ‘Die bulte amper eindloos strek?’; 2de druk: ‘Die bulte hulle eindloos strek?’ |
|
p. 72, vers 11: ‘Vat (setfout?) verder dan die laerplek’ |
|
VII |
p. 72, vers 3: ‘Waar jaarlang deur’ |
|
VIII |
p. 73, vers 2: ‘Nog oor die bulte bruis’ |
|
p. 73, vers 7: ‘Waardeur die nuw' graspeultjies pryk’ |
|
p. 73, vers 10: ‘As winter dood-geroggel dreun’ |
|
p. 73, vers 12: ‘En slyt sy woede met sy gees.’ |
|
p. 73, vers 14-15: ‘Nuw' lewe uit die dorre klei / Wat teen die veld sy kleure sprei’ |
|
IX |
p. 73, vers 7: ‘Ons kry 'n kans sy glorie te bewonder’ |
|
p. 73, vers 11: ‘Glim in die duister’ |
|
p. 73, vers 18: ‘En mart'laar's magt'loos moed’ |
|
p. 74, vers 3: ‘Wat stryk die vlakte oor’ |
|
p. 74, vers 7: ‘klip op klip laat bou;’ |
|
p. 74, vers 11: ‘En worstel wat die wins hierna vergoed?’ |
|
X |
p. 74, vers 24: ‘Om krag opnuut te leen’ |
|
p. 74, vers 28: ‘Sal myne insluk en daarvan te gee’ |
|
p. 74, vers 32: ‘Nie meer kon wen nie, en my siel se gees’ |
|
p. 75, vers 12: ‘Die heerlik sonskyn’ |
|
p. 75, vers 17: ‘Die argloos, weeldrig lewe worstel hier’ |
|
p. 75, vers 18: ‘Waar alles hoogtyd vier,’ |
|
p. 75, vers 21: ‘wat my siel kon klou’ |
|
p. 75, vers 24: ‘In kamers nog toe net bewoon door smart.’ |
|
p. 75, vers 33: ‘Waarteen jou hede bog is.’ |
|
p. 75, vers 35: ‘waar nog vrind nog vyand vry’ |
|
p. 75, vers 36: ‘My siel met liefde of met liefloos haat;’ |
|
p. 75, vers 37-39: ‘Waar vyand en vrind albei, / En haat en liefde, net maar woorde is / Met wie my hart nie twis’ |
|
p. 75, vers 42-43: ‘geregtig is te vat / Om wat my siel na soebat te versat,’ |
|
p. 75, vers 47: ‘Ver in 'n onbegrensde sterloos nag’ |
|
p. 75, vers 48: ‘kille koute’ |
|
p. 76, vers 1: ‘My teen van elke kant’ |
|
p. 76, vers 4: ‘Tot lewe nie meer lewe is nie, prys,’ |
|
p. 76, vers 8: 1ste druk: ‘vol vergifnis’ |
|
p. 76, vers 11: ‘Met syne gryp, en’ |
|
p. 76, vers 17: ‘aan hom, sal seë vind as ek staan’ |
|
p. 76, vers 21: ‘waar die vreedsaam stil gesin’ |
| |
| |
|
p. 76, vers 22: ‘Sy dageliks dromerig gang geduldig gaan;’ |
|
p. 76, vers 23-24: ‘Waar huiselik vlyt en huiselik deugde win / 'n Dageliks vrede ruim genoeg vir een’ |
|
p. 76, vers 26: ‘En bo oorwinning skat 'n vredeseën.’ |
|
p. 76, vers 32: ‘veldkanaries vreuggesind’ |
|
p. 76, vers 40: ‘Op donserig druiwe’ |
|
p. 76, vers 49: ‘En meer te spaar; ryk as 'n man kan wees,’ |
|
p. 77, vers 3: ‘Vir kennis of nie kennis zal ek vrees’. Deur die byvoeging van die vraagteken in die tweede druk vind daar 'n betekenisverandering plaas. |
|
p. 77, vers 6: 1ste druk: ‘gesig tot aangesig?’; 2de druk: ‘gesig teen my gesig?’ |
|
XI |
p. 77, vers 11: ‘En in die lewendig skadu's spook’ |
|
p. 77, vers 23: ‘Met groot genot’ |
|
p. 77, vers 26: ‘Wat wag die voorgeskryfde uur,’ |
|
XII |
p. 78, vers 4: ‘Ontset van hulp, deur hoop bevloek,’ |
|
p. 78, vers 5: 1ste druk: ‘Wat skimp nog swaar verdrukking skort,’; 2de druk: ‘Wat skimp nòg swaar verdrukking my’ |
|
p. 78, vers 7-8: 1ste druk: ‘Om deur die jare in te gaar / Die oes wat stadig ryper word,’; 2de druk: ‘Om in sy skure jaar ná jaar / Die stadig-rypende oes te kry;’ |
|
p. 78, vers 13: ‘En met die sterre stok-alleen’ |
|
p. 78, vers 16: ‘Vir alles wat hy heilig meen.’ |
|
p. 78, vers 20: 1ste druk: ‘angstig’; 2de druk: ‘angstige’ |
|
p. 78, vers 21-22: ‘Met roem, met rykdom, en met glans / Wat hom wat seëvier bekrans’ |
|
p. 78, vers 25-26: ‘En bo die wêrelds rykdom rys / Wat bowe alles wêrelds troon’ |
|
p. 78: Oorspronklike slotstrofe in 2de druk weggelaat: |
|
‘Die wye wêreld wat hom wink |
|
Sal later werk met wins betaal |
|
Net soos die een wat grond bestraal |
|
Met goud wat bo die bulte blink.’ |
|
XIII |
p. 78, vers 3: ‘Soos mens wat kan ly en verdra’ |
|
p. 78, vers 4: ‘eeue-oud terge’ |
|
p. 79, vers 1: ‘Soos mens’ |
|
p. 79, vers 2: ‘in genade giet,’ |
|
p. 79, vers 4: ‘te veel om te sorge.’ |
|
p. 79, vers 7: ‘Trek oor die blou lug tesaam’ (dieselfde wysiging ook in vers 15) |
|
XIV |
Die oorspronklike gedig XIV het in die tweede druk verval. Dit het as volg gelui: |
‘Hoe is wat magtig was verklein
Tot tingerig onmag, wat net bewe
En op verleende krag moet lewe,
Net soos die maan van sonlig skyn.
| |
| |
Die grote vorste van die aarde
Lê dood en eensaam in hul graf
Hul roemryk dade net soos kaf
Deur wind gemartel, sonder waarde.
En rykdom, prag en praal vergaan;
Die vyand Tyd word nooit gefop,
Die Dood vreet alles gulsig op
En niks is hier wat vas kan staan.
Ja, iets wat Tijd nog dood kan skinner
Nog aan sy mag kan perke stel,
Wat meer as roem en rykdom tel
Bly oor; die Skoonheid, as oorwinner.’
|
|
p. 79, vers 1: ‘Nie vir die prys wat mense ag,’ |
|
p. 79, vers 3: ‘Tevrede met sy groen gewaad’ |
|
p. 79, vers 8: ‘Sonder bewus van goed of sleg;’ |
|
p. 79, vers 9: ‘Nie vir toejuiging wat beja’ |
|
p. 79, vers 11: ‘Sal bly,’ |
|
p. 79, vers 12: ‘Breek voor die lied sy einde vra.’ |
|
p. 80, vers 1: ‘Vir Hom hiernamaals, as Hy wil’ |
|
p. 80, vers 11: ‘En kom daar donker dae,’ |
|
p. 80, vers 12: ‘Op eindlik seë van jou lot.’ |
|
p. 80, vers 15: ‘Wat vir 'n maand die lente spaar’ |
|
Die laaste vier strofes van die 1ste druk is met die hersiening geskrap. Dié strofes het as volg gelui: |
‘Raak nooit jou hoop op uitkoms kwyt,
O broer en suster, in jou wee,
As skel die wilde branders skree
En teen die smart jou weerstand slyt.
Die wapens wat jou siel besit
Is sterk om droefnis af te weer;
Die hefboom wat jou hart hanteer
Ruk self die noodlot half uit lid.
Hy wat die helm van liefde dra,
Die harnas van geloof behou
En met die skuld van broedertrou
Hy is gewapen kern en spit
Teen wat ook al sy lot voorspel,
Al is die donker rondom Hel
Waarin die veraf weerlig blits.’
XV-XVI |
p. 80: In die 1ste druk was gedig XVI die tweede strofe van hierdie gedig |
XVII |
p. 80, vers 8: ‘sy berg as vrind.’ |
| |
| |
XVIII |
p. 81, vers 2: ‘In klaerig half weemoedige toon’ |
|
p. 81, vers 12: ‘In burgers wat al slent'rend gaan.’ |
|
p. 81, vers 17-18: ‘Ek stem nie saam nie, wat ek weet / Die grond gesaai is vrugbaar grond,’ |
|
p. 81, vers 20: ‘Verwarm word as die son hom heet.’ |
|
p. 81, vers 21-24: |
‘En ek weet ook gestorte krag
Word nooit nie vrugteloos verspil,
En niks gebeur nie deur 'n gril
Van iets wat in die duister lag.’
|
p. 82, vers 3: ‘Meedogeloos vir mens en dier’ |
|
XIX |
In die 1ste druk geen strofiese verdeling nie |
|
XX |
p. 82, vers 3-4: ‘Voor jy goud kan kry uit steenhard are / Moet jy eers die klip tot gruis verslaan.’ |
|
p. 82, vers 5: ‘Bange worstel in die droewe nagte’ |
|
p. 82, vers 7: ‘Wat kan kampveg met die wildste magte’ |
|
XXI |
p. 83, vers 31-32: ‘Waar wilde bosse die deurweg sper / En wild gedierte die poorte hou.’ |
|
XXII |
p. 83, vers 3-4: ‘Dit was nooit nie jong, dit was oud en oud / In die dag van geboortepyn.’ |
|
p. 83, vers 5: ‘Dit was sterk om te werk,’ |
|
p. 83, vers 6: ‘Dit was stadig, geduldig en vas;’ |
|
p. 84, vers 1-2: ‘Was die droefnis te straf en die donker te swart, / Dit was hoopvol, vertrouend en taai.’ |
|
p. 84, vers 3: 1ste druk: ‘Met die osse gespan en die roer gelaai,’; 2de druk: ‘Met die os ingespan en die voorkis gelaai,’ |
|
p. 84, vers 5-8: ‘Die veld is oneindig, die vlakte is wyd, / En die toekoms is duister daarvoor; / Op die veld en die vlakte daar lê sy spoor / Getrap in die dag van stryd.’ |
|
p. 84, vers 9: ‘het hom taai gemaak,’ |
|
p. 84, vers 13: In die 4de druk is hier geen strofeverdeling nie, maar dit is klaarblyklik 'n setfout |
|
p. 84, vers 13: ‘in die hart geslaan’ |
|
XXIII |
p. 84, vers 9: ‘En Oupa het die kleinspan beet’ |
|
p. 84, vers 10: ‘Oupa, toe, vertel.’ |
|
p. 84, vers 11-12: ‘Kinders moet nie kwel / vir Oupa’ |
|
p. 85, vers 1: ‘As af en toe die brandend hout’ |
|
XXIV |
p. 85, vers 1: ‘In die outyd vertel hun 'n storie’ |
|
p. 85, vers 6: ‘En die net het geskeur in die vang,’ |
|
p. 85, vers 11-12: ‘Waar die skyn van die skemer-sterre / Ming’ |
|
p. 85, vers 13: ‘En die vis, wat half dood en flou was,’ |
|
p. 85, vers 15-16: ‘En die bossie se krag het hom vinnig / Gewek uit sy magteloos flou.’ |
|
p. 85, vers 25-26: ‘Wat goed is vir visse, vir mense / Is glad nie miskien so sleg.’ |
| |
| |
|
p. 85, vers 27-28: ‘Probeer maar 'n bietjie, probeer maar / En kyk of dit kom tereg.’ |
|
p. 85, vers 30: ‘En kou dit langsaam klein,’ |
|
p. 85, vers 31: ‘En as hy dit kou dan voel hy’ |
|
p. 85, vers 39: ‘Verlig met die glans’ |
|
p. 85, vers 41: ‘Waar die ruïene van die wrakke lê’ |
|
p. 86, vers 10-11: ‘Vir hom wat vanaand van die bossie se krag / sy eerste koutjie eet.’ |
|
p. 86, vers 12-13: ‘En Glaukus hy voel al sy lede word / Gerek tot vinne,’ |
|
p. 86, vers 14: ‘Sij (setfout?) vel word skobberig as die van 'n vis’ |
|
p. 86, vers 17: ‘Diep, diep in die branders in,’ |
|
XXV |
p. 86, vers 1-4: |
‘En dan 'n ander oom die klop
Sy pyp uit teen die wa-wiel. “Nee
Dis maar 'n fabeltjie. Ek gee
Jul iets wat beter is daarop.”’
p. 86, vers 5-8: ‘En as sy t'bak plesierig brand |
En blouerig kringe boontoe stoot,
Dan hurk tesame klein en groot
Om aan te luister op die sand.’
XXVI |
p. 87, vers 3: |
|
‘Iets waarop nooit geen mens kan skel;’ |
|
p. 87, vers 13-16: |
‘Voorheen het ek op strand gestaan
Waarteen die see so grof op slaat;
So hel het toe gemik die maan
Om met die water mee te praat’
p. 87: Die volgende strofe het ná vers 24 in die eerste druk gevolg, maar het met die hersiening in die 2de druk weggeval: |
‘Ja, in die oorlog as jy bars
Met vuur en vlam en gier en stry,
Dan draf jy deur gevare dwars
Waarvoor jy anders thuis sal bly;
Dan is dit maklik vir 'n mens
Om held te wees en nie te grens.’
|
p. 87, vers 40: ‘En selfs die tydvas rotse swaai,’ |
|
p. 88, vers 11: ‘En die kanaaitjie teen hom het -’ |
|
p. 88, vers 19: ‘Dis lankal gelede, al lang,’ |
|
p. 88, vers 22: ‘Hoe lang voor dan sê ek’ |
|
p. 88, vers 25: ‘En bo-op ou Papendorpstrate’ |
|
p. 88, vers 32-33: In die 1ste druk was dié twee reëls in omgekeerde volgorde |
|
p. 88, vers 39: ‘Toe was daar 'n yslik behasie;’ |
|
p. 88, vers 45-46, p. 89 vers 1: ‘Geteer en goed gespyker dat / Hy al die see se terge vat, / En sonder skroom van oos na wes’ |
|
p. 89, vers 4-5: ‘En al haar mense veilig bring / Net na die plek waar hy moes wees -’ |
| |
| |
|
p. 89, vers 8: ‘Geseil het met haar mense mee.’ |
|
p. 89, vers 12: ‘Waarop die dood sy aandeel wag.’ |
|
p. 89, vers 15-16: ‘Waarom geen mens geen greintjie gee / Geen skepsel steur sy siel daarmee.’ |
|
p. 90, vers 16: ‘Kyk, as dit mooi weer is dan blaf’ |
|
p. 90, vers 20: ‘Ek is nie klaar nie;’ |
|
p. 90, vers 29: ‘Die weerlig vlam die see,’ |
|
p. 91, vers 17: ‘Die buikgord vaster vasgegesp,’ |
|
p. 91, vers 23-24: ‘Daar in die verte lê die skip / Waar die lantern glim.’ |
|
p. 91, vers 35: ‘Ons hoor sy stem;’ |
|
p. 91, vers 46: 1ste druk: ‘die dof lanternskyn’; 2de en 3de drukke: ‘die dof lantêren skyn’, maar dit is na alle waarskynlikheid in albei uitgawes 'n setfout. |
|
p. 92, vers 1: ‘'n Aaklig tyd’ |
|
p. 92, vers 7: 1ste druk: ‘En gierig, gulsig’; 2de druk: ‘En lewe gulsig’ |
XXVII |
p. 92, vers 7-8: ‘Die beste wat herinnering buit / Gemaak het, voor dit slaaptyd slaat.’ |
|
p. 92, vers 10: ‘'n Ou Franshoek se plaas beterg’ |
|
p. 92, vers 14: ‘Waar sout geskrap word in die pan’ |
|
p. 92, vers 19: ‘lang en smal,’ |
|
XXVIII |
p. 92, vers 5: 1ste druk: ‘Die mistig môre,’; 2de druk: ‘Die mistige môre,’ |
|
p. 93, vers 6: ‘Die oeroud konings van die berg en al die sederryk;’ |
|
p. 93, vers 7: ‘Waar tussen ruigte slingergras’ |
|
p. 93, vers 8: ‘Sy geurig wierook’ |
|
p. 93, vers 10: ‘In keurig pronk van kleure tussen donker groen geskaar;’ |
|
p. 93, vers 13: ‘op ouerwetse wys,’ |
|
p. 93, vers 15: ‘Piet Ryneveld die oskoper’ |
|
p. 93, vers 19: ‘met Eenoog's harig hand,’ |
|
p. 93, vers 20: ‘wat dwaal op Roodezand.’ |
|
p. 93, vers 24: ‘Die jong lemoene’ |
|
p. 93, vers 41: ‘O, hard is die taak van die oskoper’ |
|
p. 94, vers 7: ‘En ek was gierig vir die geld, en Ryneveld was ryk.’ |
|
p. 94, vers 14: ‘En gierig soos 'n wilde kat vir wat hy maar kon kry.’ |
|
p. 94, vers 26: ‘En al my mense skrap’ |
|
p. 94, vers 31: ‘Die donderweer was skriklik sterk;’ |
|
p. 94, vers 36: ‘as hy dit beet kon kry.’ |
|
p. 95, vers 1: ‘Tot eindlik spyt en gierigheid’ |
|
p. 95, vers 12: ‘in boord en kweperlaan;’ |
|
p. 95, vers 16: ‘en eis sy weeldrig loon.’ |
|
XXIX |
p. 95, vers 18-19: ‘Waar die bossie saad kan huisves/Teen die kiemtyd as dit kom.’ |
|
XXX |
p. 96, vers 5: In die eerste twee drukke volg hier 'n nuwe strofe, terwyl die 3de druk geen strofeverdeling het nie |
| |
| |
|
p. 96, vers 6-7: ‘As laaste blyk van hoogste prys / En as 'n godgeseënd bewys’ |
|
XXXI |
p. 96, vers 5: ‘berank en beboei’ |
|
p. 96, vers 11: ‘Die trotsige alwyne’ |
|
p. 96, vers 15: ‘waarin die boomsingertjies tjank,’ |
|
p. 96, vers 25: In die tweede druk is ‘berge’ in die enkelvoud, maar dit is waarskynlik 'n setfout. |
|
XXXIII |
p. 97, vers 2: ‘En onse gang bestier’ |
|
p. 97, vers 10: ‘Erbarmend sal ons lei,’ |
|
XXXIV |
p. 97, vers 1: ‘Glim t'rug in die verlede.’ |
|
p. 97, vers 2: ‘Tussen wat oorlog offer;’ |
|
p. 97, vers 5: ‘hoe laag die mensdom sink,’ |
|
p. 97, vers 6: ‘Vir jammerste jaloersheid’ |
|
p. 97, vers 7-8: ‘Waarin ons menseliefde meedogeloos verdrink / In dierlik hartstog duister aan dierlik moed gepaar?’ |
|
p. 98, vers 2: ‘Stil nie jou siel met woorde’ |
|
p. 98, vers 4: ‘Die beste wat die mensdom het vir eer of prys of roem;’ |
|
p. 98, vers 7: ‘En vra vir jou gewete’ |
|
XXXV |
p. 98, vers 12: ‘Die ongelykste worstel wae,’ |
|
XXXVI |
p. 98, vers 6: ‘Die veld se bont geverfd' geruit;’ |
|
p. 99, vers 24: ‘en dik begroeide dal’ |
|
p. 99, vers 30: 1ste druk: ‘Om daar weer op te daal, te steier en styg’; 2de druk: ‘Om daar weer op te rys en hoog te styg’ |
|
p. 99, vers 36: ‘Krimp koningblomme’ |
|
XXXVII |
p. 100, vers 5-6: ‘tot in sy diepste dieptes sat,/Met vrede en met vreugde,’ |
|
p. 100, vers 20: 1ste druk: ‘silwer strand’; 2de druk: ‘silwerstrand’ |
|
p. 100, vers 21: ‘Waarteen die sagte branders was’ |
|
p. 100, vers 27: ‘Hartstogtelik liefde’ |
|
p. 100, vers 34: ‘nuw'lewe’ |
|
XXXVIII |
p. 100, vers 1: ‘O prachtig bergdeel van die Draak’ |
|
XXXIX |
p. 101, vers 19-20: ‘Hy wat ons hiertoe het gelei / Sal verder krag en uitkoms skink.’ (dieselfde wysiging ook in vers 23-24) |
|
p. 101, vers 22: ‘Sy naam gedink.’ |
|
p. 101, vers 25-30: |
‘Loof, loof Sy naam, verheerlik Hem
In biddend ootmoed voor Sy troon.
Laat in die nuwe land ons stem
Met prysgeskal ons liefde toon.
Loof, loof Sy naam, verheerlik Hem
In biddend ootmoed voor Sy troon!’
| |
| |
XL |
p. 102, vers 3: ‘As die son op hem fonkel’ |
|
p. 102, vers 11: ‘Op wilde verwoesting gepeil,’ |
|
p. 102, vers 15: ‘Die veraf bergrande’ |
|
p. 102, vers 23-24: ‘is moeg met die worstel / en sat met die stryd die natuur.’ |
|
XLI |
p. 102, vers 2: ‘Bliksem blink as die gloed’ |
|
p. 102, vers 5: ‘Eentonige stasiesang’ |
|
p. 102, vers 10: ‘Met die dik gegroei van bos’ |
|
p. 103, vers 2-3: ‘In laaie ligte glans en in kettings van ligter goud, / Met harde donder kraak en bulderende bewende stoot’ |
|
p. 103, vers 4: eerste drie drukke: ‘En rond omringende klank’; 4de druk: ‘En rondom omringende klank’ |
|
XLII |
p. 103, vers 1: ‘Lomm'ryk oor die watersloot’ |
|
p. 103, vers 5: ‘Skommelend oor die seekoeigat tjirp die vinkeheer’ |
|
p. 103, vers 6: ‘Louter vreug is bidstond hier waar die nessies swaai’; in die 4de druk is ‘nessies’ verander na ‘nessie’ |
|
XLIII |
p. 103, vers 7: ‘Soos lewendig gevleg klimop’ |
|
p. 103, vers 21: ‘So hier staan elke klomp alleen’ |
|
XLIV |
p. 104, vers 5: ‘En niks merk onraad in sy siel’ |
|
p. 104, vers 9: ‘Hy krimp sy kierie in sy nyd’ |
|
p. 104, vers 17: ‘En nyd gee raad en fluister nood’ |
|
p. 104, vers 19: ‘En nydig brul sy wreedheid los:’ |
|
XLV |
p. 104, vers 5; p. 105, vers 1-2: ‘Eer die woord, / Die vonnis van wat gister vrinde was, / Gestil is gryp die moordenaars hul prooi,’ |
|
p. 105, vers 4: ‘En wrede kierie weer wat wanhoop kan’ |
|
p. 105, vers 7: ‘Deur towersoet blou water wat hom streel’ |
|
p. 105, vers 10: ‘Deur slymgesmeerde seekat's klouende band’ |
|
p. 105, vers 15: ‘onmagtig meer te weer,’ |
|
p. 105, vers 18: ‘wat wrede martel bied’ |
|
p. 105, vers 26-27: ‘En die gemartelde liggaam sonder voel / Genadeloos 'n sielloos liggaam is,’ |
|
XLVI |
p. 105, vers 3: ‘Die tingerig klein veld halmpies lawend was’ |
|
p. 105, vers 5-7: ‘'n Kronkelend stroompie, stadig afdraand af / Om oor die klippe stadig weg te kruip / En by die alwynblomme in 'n graf’ |
|
XLVII |
p. 106, vers 4: ‘Orals waar’ |
|
p. 106, vers 8: ‘Voor vanaand nog kom om op te gaar’ |
|
XLVIII |
p. 106, vers 3: ‘uit die swarte staar’ |
|
p. 106, vers 5: ‘Aan elkeen wat die bakens ferm betree,’ |
|
p. 106, vers 8: ‘Strek uit jou arme, hou’ |
|
p. 106, vers 18: ‘toe die tyd nog jong was,’ |
|
p. 106, vers 23: ‘Groet met 'n welkomsgroet, en reik die hand’ |
|
p. 107, vers 1: ‘En groet hul vrindlik, elkeen wat hier kom’ |
| |
| |
XLIX |
p. 107, vers 1: ‘Son, wat rooi die ooste welkom gee,’ |
|
p. 107, vers 5: ‘Styf wit hande met gestrekte spiere,’ |
|
p. 107, vers 12: ‘Helde-lyke elders het bestraal,’ |
|
p. 107, vers 23: ‘wat palm versierd’ |
|
L |
p. 107, vers 3: ‘En jare lang geduldig’ |
|
LI |
Die oorspronklike vers LI is vanaf die tweede uitgawe weggelaat. |
|
Dit het as volg gelui: |
‘Die vinke sing in boom en bos
Die leeurik dartel in die lug
Die somerglorie is weer t'rug
Die hele wêreld uitgedos.
Die roem waar mense prys op stel
As werd die diepste droef en smart
Wat om te wen die reinste hart
Moet struikel tot naby die hel,
Wat offerande verg en eis
En aaklig arbeid dag en nag,
Waarna die held en heloot smag
As hoogste kroon en eerste prys,
Wat is dit hier waar al die veld
So vredevol die dagbreek wink,
Waar in die doringboombos die vink
Sy vreug aan heel die wêreld meld?
Wat is hier Montesumas dood
Of Cortes ver gevierde eer?
Wat Pilaes martel heldeheer,
Of Baylon se hongersnood?’
|
p. 108, vers 16: ‘Pragtig gloed’ |
|
LII |
p. 108, vers 2: ‘Met jou afgeleende lig’ |
|
p. 108, vers 9: ‘Van bloedverspilde twis en stry’ |
|
p. 109, vers 2: ‘Met jou afgeleende sonnelig.’ |
|
p. 109, vers 4: ‘Maar sedig orals rond bespeur,’ |
|
LIII |
p. 109, vers 2: ‘van sy onskuldig broer,’ |
|
p. 109, vers 5: ‘Met krygsalarm en wilde oorlogskal’ |
|
p. 109, vers 6: ‘Hy wie die swaard van uit die skede trek’ |
|
p. 109, vers 8: ‘Wie eers die doodskot in die lug laat knal’ |
|
p. 109, vers 13: ‘Hy sal weergelding vinde in sy skand’ |
|
LIV |
p. 109, vers 2: ‘Met rou van winters wind-verwoeste gras’ |
|
p. 109, vers 10-13: ‘Van daglig wat geheime wys, / Van sterreskyn wat moord ontdek / En van die wind wat wraak kan wek. / Van lewendige oë wat bespeur,’ |
| |
| |
LV |
p. 110, vers 9: ‘Waai na die koppie 'n galm van geur,’ |
|
LVI |
p. 110, vers 6: ‘En hy staan veraf en wag,’ |
|
p. 110, vers 13: ‘En die wys ou steenuil’ |
|
p. 110, vers 15-16: ‘Dis lewensbloed wat ongestoord / Ons bossiewêreld voed.’ |
|
LVII |
p. 110, vers 4: ‘Waar die môreson mee vry,’ |
|
p. 111, vers 11: ‘Deur die Noodlot, lang voorheen?’ |
|
p. 111, vers 26: ‘Bloederig stof wat oor hul sluimer’ |
|
LVIII |
p. 111, vers 5: ‘Van 'n lang wit eensaam kronkelpad,’ |
|
p. 112, vers 14: ‘Smarag, sardoniks en robyn bester.’ |
|
p. 112, vers 20: ‘Om te sien net wat mooi is en waar en bly.’ |
|
LIX |
p. 112, vers 7: ‘Ster met jou statig lig’ |
|
p. 113, vers 3: ‘Geduldig beid en wag’ |
|
LX |
p. 113, vers 19: ‘Is die skaar gedos en vuurvliegies wag’ |
|
LXII |
p. 114, vers 6-7: ‘In lynreg strepe stof belaai / Waarin die tingerig donsies draai’ |
|
p. 114, vers 13: ‘En buite die doodskamer staan’ |
|
p. 114, vers 16: ‘En droef sy reg gee in 'n traan.’ |
|
p. 114, vers 19: ‘Te wen 'n stil bedaarde vree’ |
|
p. 114, vers 26: ‘En net die eensame ewige veld,’ |
|
LXIII |
p. 115, vers 15: ‘Tingerig lykies’ |
|
p. 115, vers 18: ‘Na 'n beter nuwere paradys.’ |
|
LXIV |
p. 115, vers 2-4: ‘Die rykste wat die mens geniet, / Is dat sy oog die rykdom siet, / Die gras wat bloei, die son wat blink.’ |
|
p. 115, vers 8: ‘En hulp van hand en hoof moet vra.’ |
|
p. 115, vers 13: ‘O slanke wese, reën as reën’ |
|
p. 116, vers 13: ‘Daarin was onskuld, skaamteloos’ |
|
p. 116, vers 18: ‘Van wat vooraf die lewe lê’ |
|
p. 116, vers 20: ‘Genoeg om twyfel's angs te sus.’ |
|
LXV |
p. 116, vers 6-7: ‘O Abrams God wiens sterke hand / Uit Gosen Israël het gelei’ |
|
LXVI |
p. 117, vers 29: ‘Die skadu's kom al nadertoe’ |
|
p. 117, vers 35: ‘Lang spookgedaantes van die nag’ |
|
p. 117, vers 38: ‘En streel sy yskoud lyf,’ |
|
p. 118, vers 11-12: ‘Die vermoorde mense wat jou mag / In die duister het laat daal;’ |
|
p. 118, vers 21: ‘En die weduwevrou en die weduwenaar’ |
|
p. 118, vers 39: ‘Waar 'n lange ry van klaers rek’ |
|
LXVII |
p. 119, vers 29: In die 4de druk hier 'n strofiese verdeling |
| |
| |
LXVIII |
p. 120, vers 18: ‘worstelend’ |
|
p. 120, vers 25: In 4de druk hier geen strofiese verdeling nie (waarskynlik 'n setfout) |
|
p. 120, vers 31: ‘Met nêrens 'n uitweg om weg te vlug,’ |
|
p. 121, vers 1: ‘En jy nie meer vertroue het om te vertrou’ |
|
LXIX |
p. 121, vers 2: ‘Is nie meer onse vlag;’ |
|
p. 121, vers 15: ‘Kom saam 'n nuw' gedenkdag vier,’ |
|
p. 121, vers 31: ‘Tot merk ons nageslag bly trou’ |
|
p. 122, vers 5-6: ‘Ming al die vier en maak vandag / 'n Vierkleur vlag daarvan,’ |
|
p. 122, vers 8: ‘Om oor ons volk te span.’ |
|
p. 122: In die 1ste druk is daar nog 'n verdere strofe by: |
‘En bid die vlag sal nimmer ooit
Oor snode kwaad en onreg nooit
Sy vierkleur trots laat waai.’
|
LXX |
p. 122, vers 1: ‘Ek glim deur skadulane’ |
|
p. 122, vers 9: ‘Die reuse van die aarde met salwend woord bedrieg’ |
|
p. 122, vers 13: ‘Ek sien in broedertwiste 'n trots gesin verdeel,’ |
|
p. 122, vers 19-24: ‘Die sterre skyn in vrede en sien op alles neer, / Die woelig ou Verlede lag want hy sien hom weer, / Sy skande en sy smarte, sy haat van man teen man, / Sy boosbesielde harte wat wreedheid nie kan span. / Ek sien die land in puine, die volk deur smart gespeen / Lang grafte op die duine waar sag die seewind ween.’ |
|
LXXI |
p. 122, vers 4: ‘Totdat die tyd jou droefnis speen.’ |
|
p. 123, vers 6: 1ste druk: ‘Doen land en nasie blywend goed’; 2de druk: ‘Doen land nòg nasie blywend goed!’ |
|
p. 123, vers 8: ‘En kostelik skat is heldebloed.’ |
|
p. 123, vers 10: ‘Op louter prys en lofgeskal’ |
|
LXXII |
p. 123, vers 2: ‘Ons syn te maak in werk en daad,’ |
|
p. 123, vers 5: ‘Met broederbloed verspil deur vyandig broederhand,’ |
|
p. 123, vers 7: ‘Sê, o doode Held,’ |
|
p. 123, vers 8: ‘jou naam maar net maar naam?’ |
|
p. 123, vers 14: ‘Deur broedertwis wat breek maar nooit nie op kan bou.’ |
|
p. 123, vers 17: ‘Om wat verenig is vir enigheid te speen,’ |
|
p. 123, vers 19: ‘Roep aan jou volk’ |
|
p. 123, vers 21: ‘Onsigbaar strek oor berge’ |
|
p. 124, vers 13: ‘Wees broeder met jou broeder, ontsien van skimp en spoor’ |
|
p. 124, vers 16: ‘Geduldig tot die tyd hom wink met onweerstaanbaar krag’ |
|
p. 124, vers 17: In 1ste druk volg hier twee reëls wat in die herdrukke weggelaat is: ‘Om wat hy moet bestendig, in weerwil van wat |
| |
| |
|
stry, / Volmaak en sonder uitstel geheel voltooi te kry.’ |
|
p. 124, vers 17-18: ‘Wees enig, enig, enig! In enigheid alleen / Lê skeppingskrag en werksaam mag en hoop op eindlik seën.’ |
|
LXXIII |
p. 124, vers 3: ‘Die godlik daglig glinster op die kruin’ |
|
p. 124, vers 10: ‘Wat half verloor was, en vermeer’ |
|
p. 125, vers 1: ‘Van nuw' gesaaide winste pryk,’ |
|
p. 125, vers 7-8: ‘In moed, in trou, in eer, / In deug wat aangroei en vermeer,’ |
|
|