Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 503] [p. 503] Ploegtyd (Fragmente) In die ploegtyd as die skare Deur die natvet ploegland skeur Meng die reuk van boegoe blare Met die natvet ploegland geur Daars 'n wasem oor die velde Spinnerakkies oor die grond. Dis gebore die voorspelde. Koue winter morrestond. In die saaityd rus die tuine En sering vergeur die lug. Ongeduldig stap die bruine Hamerkop daar by die brug En die koue wort al kleiner En die blaute bonter bo Alles ryper alles fyner In die saaityd is dit so Al die wereld hou nou winter Al die dam is hart gevries, In die kraakies soes 'n splinter Op die loof soes korreltjies Daars nog dae kort van lewe En nog nagte uitgerek Maar die guurheid wort vergewe En die winter is op trek In die oestyd wort dit somer Mondig as die maan vergroot Kale boome kry no (?) loower Biesies blomme in die sloot Koekewyt speel phillipyntie Op die heete middagstond En die ver veld is 'n lyntjie Teen die lig blau agtergrond Om my wemel gousblom geure Reuk van gerwe nuut geoes En die land is vol van kleure Want die winter is verwoes. In die traptyd draf die perre Oor die mis gesmeerde vloer Sprieos besig met hul terre In die wingerd maak rumoer Die spanspek is ryp die druiwe Suikersoet die perske rooi [pagina 504] [p. 504] Op die stoep die tortel duive Neurie in hul bamboes kooi Bo my waai die somer wintjie Vinkies prys in die palmiet En mierkatjie met sy kintjie Maak 'n toertjie naar die miet Ploegtyd saaityd As ik droom van onvergelde Offers wat half lewe kos Dink ek aan my vadervelde In hul winter ploegtyd dos Oestyd traptyd oos en wes toe Soek ver weerga wereld wyd As die geel vink na sy nes toe Flieg en fluit uit vrlolykheid (?) Onse wereld onse aarde Onse oes ruik wat hier kom Wert ver ons meer as die waarde Van 'n anner heiligdom As ik droom van nuwer kanse Wat nog in die toekoms rus Dink ik aan ons velde en kranse Door die oestyd son gesus. M.P.O. Burgers-versameling Vorige Volgende