Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Onze Jan Zuid Afrika het baai seuns gespeen Deur al die jare van ons eerste stryd In sonskyn pret en swartvol onweerstyd Van kinners tot half reuse maar geen een Het hooer peil bereik als hy en leen Sy land so groot 'n glorie. Ver en wyd Van waar die water droppel deur die kryt In Cangos grot tot waar Sambesi ween Sy duisend trane oor die donker bos Staan ver ons fas gefondament sy naam Als sieraad ver sy volk die roem daarvan. Los uit die wereld worstelwoede, los Van laak of prys van byval of van blaam Vas in ons hart ver altyd Onze Jan. M.P.O. Burgers-versameling Vorige Volgende