Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende 'n Smartlied Hulle het my beroof van my kroon Beroof van my heerskappy 'n Spotlied van skimp en van hoon Het hulle gemaak van my En skande en smart as my loon Het ek van hulle gekry. My naam word deur niemand genoem My eer is verniet vergaan En niks bly meer oor van my roem Niks wat as voorbeeld kan staan Soos een deur die jare verdoem Swerwe ek sonder bestaan Die oneindige see is my maat Die ster en die maan my vrind En as ek met iemand wil praat Dan wend ek my na die wind Want dis byna te laat te laat Om errens 'n skuil te vind [pagina 502] [p. 502] Hoekom moet die Noodlot my moor Hoekom moet ek martel ly As jy alles op eens verloor Sal moed vir die stryd nog bly Of jou hart deur die smart versmoor Dat jy nimmer meer kan stry? Daars purper en pers in die lug En rooi waar die son vergaan En die wit flaminks op die vlug Wat sweef sonder vlerk te slaan In statige lyn keer terug Na skuiltes onder die maan. M.P.O. Burgers-versameling Vorige Volgende