Versamelde gedigte
(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 501]
| |
P Praeterea nihilGa naar voetnoot1I In die bedroefte skemerte van die nag
E En deur die afwesigheid van Lig gekwel
N 'n Man mismoedig wat sy nood vertel
A Aan elkeen wat wil luister, en sonder krag
A Arm aan verstand en insig sonder mag
R Ryk in onkunde in vooroordeel geknel
S Spreek ernstig imponerend - o let wel
N Nooit praat 'n kenner met meer kuns gesag -
D Die orakel - wit moet wit wees, waarheid waar
O Oog oor en neus moet oordeel elke kind
M Moet pront uit weet wat wert is om te kry...
K Kom lees en leer onnosele kunstenaar
O Of bly in koppige eiewysheid blind
P Pronksugtig met gemaakte rymlaary.
M.P.O. Burgers-versameling |
|