O Skepper van wat moed gee leen my krag
In hierdie tyd van ramp en ongeluk
Waar onder angs my bleek verstand moet buk
As twyfel botvier met sy nuwe mag
Van dagbreek af tot ver na middernag
Miljoene jammer uitkomsloos. Die juk
Van dwingeland, wat op die volke druk
Is swaarder as wat troospaai kan versag
Waar leef die kiem wat deur die euwe heen
Die mensdom selfs in bitter burgerstryd
Laat bloei het tot ontluiking van sy siel?
Hiers niks as puin en roes om oor te ween
Die dooi geraamtes van verdraagsaamheid
Die lyk van liefde deur die tyd verniel.
M.P.O. Burgers-versameling.
Blykbaar 'n sonnet wat deel van die reeks ‘Holland, 10 Mei 1940’ gevorm het.
Klein skreeubalk met verbeelding op die hol
Ondiertjie jy wat soes 'n goggatjie
In mis le krabbel en in druk staan lie
Tevrede as jou pen maar af kan rol
Jou hart met haat met kaf jou hersens vol
'n Reeks bywoorde somaar een twee drie
Wat oor die draad naar England toe kan vlie
En wys hoe slim jou kop is - of hoe hol
Ons is nie bang ver jou nie mettertyd
Sal elk een se skreeubalkie was 'n bog.
Kort in gestalte korter in verstand.
Ja klein moet hy wees wat jou kleinigheid
Bewierook as 'n wenner kleiner nog
Die natie wat sy trots op jou verpand
M.P.O. Burgers-versameling.
Daar is geen aanduiding in die manuskrip op wie hierdie gedig slaan nie, maar na alle waarskynlikheid het dit betrekking op Hitler.