Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende 1945: Die Nuwe Jaar 'n Sesde jaar van jammerlike stryd Maar goddank met 'n groter kans op seen En minder om 'n treurspel te beween Een met die trotse vaste sekerheid Van eindlike oorwinning. Vyf jaar deur Het haat en nyd en bitter smart en pyn Die volkere geteister. Groot en klein Het saam 'n las gedra en saam getreur Toe was dit donker soos op middernag Waar alles koud en bang en hooploos is En niemand sterk voel in sy eie krag Nou blink die dagbreek van 'n nuwe dag 'n Ryk belofte vir die lawenis Waarna die hele mensdom lydend smag. M.P.O. Burgers-versameling Vorige Volgende