Versamelde gedigte
(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermdVersies van Omar KhayyamGa naar voetnoot1)Kya gee een gunst ver my net maar een
Ge vrede ver my laat ver my alleen
My oog sien reg net joune kyk soo skeel
Loop tot jy reg kyk Kya loop maar heen
Lang lange jare het ik skool gegaan
By baai meesters en is half gedaan
Met onderwys en opvoeding en al
Wat ik onthou is al ons lewe is waan
Ver uit die winde wat nog heen en weer
waai is ons koms en het ek geleer
Ons kom uit wind om later tot die wind
Na al ons wereld spartel trug te keer
Maak lig ver my die harde lewes las
Versluier van die wereld wat ik was
Zondig en sondaar al my lewe lang
Verberre al my misdaad in die kas
Vandag se stukkie brood verleen ver my
'n Drankie wyn of water skink daarby
'n Vriend boonop met wie my siel kan praat
Dan kan ik alles uitstaan alles lei
Wat praat jy van hiernamaals en flankeer
Styf in jou yewysheid met die Heer
Ik sê vir jou daar is maar een ding hier
En dit is nou want nooit nie kom dit weer
Nou as jy preek en bid en laster en lag
Nou as jy denk an al jou pronk en prag
Glo nie die tyd sal stil staan als jy skree
Droom van geen morres en hou vas Van Dag
Die finger wat jou lot in swart of wit
Neer skrywe zal nie anner dat of dit
| |
[pagina 485]
| |
Wat dit (al) geskrywe het (is) al smeek jy hard
Ja selfs al kerm jy al jou siel uit lit
Hier op die wereld als 'n babetjie
Het ik gekom en waarvoor wie weet wie
My wense in die zaak was nooit gevra
Want anners het ik nooit gelewe nie.
Die wereld is soo bitter soo vol pyn
Dat ik my siel verlos moet met rooi wyn
En met my versies want dis albei goed
En albei laat die wereld half verdwyn
Goud skyn die son en silwer straal die maan
Groen as smaragd sien jy die boome staan
En bont met blomme getapyd die veld
En tog dit alles alles moet vergaan
Waarom waarvoor Ik vra maar altyd deur
Peinzend geduldig skoon ik nooit bespeur
Iemand wat antwoord of 'n rede ge
Wat beter is dan die rooi wyn se geur
Hul praat van Ou Paiboelie wat soo kwaai
Hiernamaals ons sal doem met groot lawaai
Kan goedertierenheid ooit anners wees
As goed? Bly kalm en laat die anner kraai
M.P.O. Burgers-versameling |
|