Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 481] [p. 481] Nagelate gedigte [pagina 483] [p. 483] [Ek ry my krale een vir een] Ek ry my krale een vir een Ek maak 'n snoer van skitter kleur Wat skeel dit as daarbuite ween Arm skepsels wat om vryheid treur Ek tel my rykdom goed en geld Ek sal my wins bedaard geniet Wat skeel dit as die draadloos meld Daars weer 'n nasie platgeskiet Ek speel en werk ek ga my gang Die weer is heerlik wat 'n dag Wat skeel dit as daar elders hang 'n Wolk wat middag maak tot nag Ek sit hier rustig in my stoel Te luister na die vinke koor Wat skeel dit as die wereld woel Met haat en wrok wat vrede smoor Ek se nie dit is goed of sleg Dis nie my saak dit raak my nie Wat skeel dit as die vryheid veg Vir uitkoms teen 'n tiranie Nou ja ou maat jy ken jou siel Dis skaars genoeg om op te bou Wat skeel dit as die tyd verniel Die bietjie wat jy nog behou Ag moenie praat van wol en graan Dis darem nie vanjaar so sleg Wat skeel dit as 'n volk vergaan In doodstryd vir sy goed en reg Ek sal aanstaande maand gaan bly By boetie Sybrand op die strand Wat skeel dit as daar veraf stry My stam verwante vir hul land Ek rook my pyp en raai hoe blou Krul in die lug die rookwolk uit Wat skeel dit as daar veraf rou Miljoene sonder kos of dak Ek drink my wyn hoe lieflik rooi Die glinster van die ou pontak Wat skeel dit as 'n dwingelands prooi 'n Vrye volk tot slaaf versak [pagina 484] [p. 484] Ja nee ek het dit lekker hier Hoe le my gerwe opgegaar Wat skeel dit as die vryheid sterf Daar errens noord die ewenaar M.P.O. Burgers-versameling In potlood geskryf met baie wysigings en deurgehaalde reëls Vorige Volgende