Nooitgedacht. Desember 16, 1914.
Nie om 'n haat te les nie - 'n haat wat roekloos stry
Teen eer en manlik oorgee as eer en reg dit eis;
Nie om die guns te win nie van die wat guns bewys
Aan dié wat kleinrig vasklem aan wat hy beet kan kry:
Nee, om die plig van burger, wat liefhet volk en land,
Wat eer en vryheid hooghou, en plig besef en reg,
Hoe smartvol ook die arbeid, hoe opdraend ook die weg -
Lê hierso neer jul lewe, geslaan deur broedershand.
O Afrikanerhelde, hier op die modder veld,
Nog eerbewys kan plig betaal, nog afguns tart of kwel.
Die tyd, wat alles reg maak, sal later oordeel vel;
Wag rustig tot hy uitspraak gee, en eer en reg doen geld.
Geskryf op Nooitgedacht in die nag van Desember 16, 1923.
M.P.O. Burgers-versameling