Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Kry vir jou aalwynblomme ... Kry vir jou aalwynblomme rooi gekleur, En dek daarmee die altare van voorheen, Wat onversier en sonder wierookgeur Verlate staan, verweer deur wind en reën. Daar was 'n tyd toe in die volle fleur Van jongelingsmoed wat krag tot doen verleen Jy troos kon vind die bange dae deur In soebat vir 'n aalmoes of 'n seën. Nou tier die wind en tart die geel duinsand En niks bly oor, net wat jou hart onthou Van wat dit vroeër so ruimskoots vry kon gee: Geloof en liefde aan volk en vaderland. Versier jou jeugaltare eer berou Jou wil oorskadu soos die nag die see. Die Huisgenoot, 1 Desember 1933 Vorige Volgende