Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Hitler O kyk, dis kinders, vrouens, mans wat kla; Dis wit gesigte, bloed-bevlek, wat staar Met wyd-geopende oog wat niks gewaar, Bo hemel toe en van die hemel vra Vergelding vir hul martel-Golgotha, Vereffening van die skuld so bitter swaar Dat skaars vereffening moontlik is. Voorwaar Die las van skuld wat hierdie skepsel dra, Die skuld van vuige valsheid en verraad, Van doofheid vir die sagte stem wat smeek, Van wrede terg en wreder nasiekwel, En moord en bloed en skandelik gruweldaad - Is byna groter as die las wat breek Die hart van Judas in die diepste hel. Hoe sal ons hom uiteindelik beloon Die self-verhefde herder, held en heer Van pure potklei, wat vandag probeer Sy troubreuk, valsheid en verraad verskoon Met huiglary wat reg en waarheid hoon? [pagina 464] [p. 464] Om so 'n miskruier wat op meineed teer Met dertig silwerlinge te vereer Is snode smaad aan elke Judas-soon. En tog ons kan en sal dit maklik spaar As hy ten laaste moed genoeg behou Om net soos Judas deur sy daad bevloek Daarmee te koop 'n taai riem of 'n tou En manlik na 'n moerbeiboom gaan soek Wat hoog genoeg is vir 'n moordenaar. Forum, 21 Oktober 1939 Vorige Volgende