Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Peetoom se tuin My peetoom se tuin is 'n wonderlike tuin Met duisende liggies wat skitter en brand, Wat kom en vergaan en wat fladder en flikker Daar onder die rant. My peetoom se blomme is kersies wat brand Dag in en dag uit deur die jare deur; Dis blaarlose blomme wat fladder en flikker En eindelik verkleur. My peetoom loop rond in sy tuin in die nag; Hy ken al sy kersies, hy weet wie is wie; Die een daar die sterwe, hy fladder en flikker, En die een, hierdie. My peetoom is swart soos sy tuin in die nag, Al harig en soos 'n geraamte so skraal; En om hom dans skadu's wat fladder en flikker En eind'lik verdwaal. [pagina 463] [p. 463] My peetoom se naam is die Dood, en sy tuin Is vol van die liggies van ons wat nog lewe; En algar die liggies die fladder en flikker En bibber en bewe. Die Huisgenoot, 3 April 1931 Vorige Volgende