Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 462] [p. 462] Kluitjies Ai Sarie, ons kok, maak kluitjies, met eiers en melk en meel. Ai Sarie is swart soos houtskool, en een van haar oë kyk skeel. Haar tande is wit soos marmer en blink as haar groot mond lag; maar sy maak eersteklas kluitjies, so lig en so heerlik sag. En ek, as ek later groot is, en nie meer hoef les te kry, met 'n huis en 'n plaas wat my eie is en 'n fiets om op te ry, sal ek vir ai Sarie aanhou en sê: ‘Dis jou daaglikse taak om kaneel-bestrooide kluitjies vir oubaas gereeld te maak.’ Die Jongspan, 22 Mei 1936 Vorige Volgende