Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 460] [p. 460] Die waterskilpad Ons het 'n dam, 'n mooi groot dam, Met ruigte langs die kant En wateruintjies op sy vlak En 'n damwal van rooi sand. Daar's waterskilpaaie wat skuil Diep in die dam geheim, Onder die wateruintjie-loof En die groen waterslym. Die waterskilpad is 'n dier Waarvan ek niks nie hou. Hy is so skelm, so slim, so rats - Jy kan hom nooit vertrou. Waar ooit jy in die wêreld soek, Jy sal nie êrens kry 'n Dier wat meer geniepsig is Of leliker as hy. Die eendag-oud klein eendjies wat Gou na die water draf, Hy vang hul net sodra hul swem En byt hul beentjies af. Dan strooi ons jong 'n handvol deeg In korrels langs die kant, Half in die water van die dam En halfpad op die sand. Die waterskilpad kom en kyk Of hy daarvan kan vreet; En voor hy nog kan wegspring, woeps! Dan het die hark hom beet. Dan maak ai Sarie van hom sop, Met melk en seldery Al is hy ook so sleg van aard, Wat's lekkerder as hy? Die Jongspan, 10 April 1936 Vorige Volgende