Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende III 'n Kronkelkloof waarin die kreupelhout - Daar's lepelboom en stinkhout en rooi-els En wilde oliewenbos, al jare oud, En kippersol wat met die wind gesels Hoog bo die laer maats wat minder groen En minder sierlik uitsteek bo die grys - Wag tot die late môrestraal hom soen En tot die son sy gloei-goud sterkte wys. [pagina 458] [p. 458] 'n Bok-getrapte voetpad loop daardeur, Beskadu met boomvarings waar dit draai Om windverweerde sandsteen wat verkleur Met koggelmanderkleure, wat verraai Die oes van lewe wat die klipskeur hou, Sodra die môre blink sy holtes vind En bo nog sonder wolke strek die blou En die dooi blare bewe met die wind. Die Nuwe Brandwag, Februarie 1929 Vorige Volgende