Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende II Gevul met volop groen en nuwe geel, Gebore uit die milde voorjaarsreën, Wat nagte lang sy vrugbaar nat verleen Aan dood-verdroogde vlak en veld wat steel Van wat daar is, om daarmee weer te deel Met blommesaad wat vir die winter ween, Lê uitgestrek 'n nuwe wêreld. Teen Die berg se uitgekerfde kranse speel Die kleurvernis van nuwe môremis, En oor die werf stroom wierook uit die vlei, Dié ruik van grond wat nat is, en van sand Wat gister nog die jagtende akkerdis Geskroei het met sy hitte nou verby, En van die lewe wat opbruis oor die land. Vorige Volgende