Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 457] [p. 457] Veld-akwarelle I Torkwaas, topaas en toermalyn, En wisselende aleksandryn; Sardoniks wit gestreep; porfiet, En malwa-groen blink malagiet; Die heuning-geel van krysopraas; Die diepsee-pêrel met sy waas Van môre-grys eer dou-voor-dag Die daglig in die ooste lag; Safier wat blouer bloukleur gee As die diep dieptes van die see; Die bloedrooi skyn van 'n robyn Nuut-uitgegrawe uit die myn, En peridot en amatis Waarin twee tinte om voorrang twis. Vorige Volgende