Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Wat Dikkop nie bevroed nie Bevroeden ... iemand wijs maken, leren, inlichten. Hij die andere lieden wille bevroeden en dan hem selven niet gehoeden Bevroed hem met uwe gaven en belehringe en baie meer as Dikkop nog nie sat is nie! Is dan die Digter skuld As Dikkop nie gedigte kan verstaan nie? En moet hy met geduld Kritiek verdra wat nooit g'n vlooi kan slaan nie? As Dikkop, onbekend Met ouderwetse woorde, deftig voorgee ‘“Bevrug” bedoel die vent, En nie Bevroed nie!’ moet hy somar oorgee? Nee, egte digtersmoed Verbied dié hensup vir 'n kritikaster Nog nie deur lees bevroed Hoe hy sy eie moedertaal verbaster! Vrind Dikkop, daar's 'n spreekwoord, kort en bondig, Van ‘Klok hoor lui’ wat werklik op jou pas. Leer Nederlands eers voordat jy rond verkondig, Jy weet wat was, voordat was was was! Die Volkstem, 17 Augustus 1926 Vorige Volgende