Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die sysie se lied Ek sing dag-uit; ek sing dag-in; Ek stoor my nie aan wat gebeur. Daar's niks wat ek wil wens of win, Waaroor ek ooit sal grens of treur. 'n Sysie, salig in sy skik, Kan jy hier op die tak bespeur. Hy sing dag-uit, hy sing dag-in Geduldig al die dae deur. Die spinnekoppe kan maar spin, En blindemolle baie beur; Ek sing maar voort, dag-uit, dag-in, Die liewe, lange dae deur. [pagina 456] [p. 456] Kom sing met my, dag-uit, dag-in. Wat wil jy sanik, huil en treur? Het niks te wens, het niks te win, En stoor jou nie aan wat gebeur. Uit: Uitgesoekte gedigte vir Jong Suid-Afrika, 1923. Vorige Volgende