Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Wie sal regverdigheid begrens Wie sal regverdigheid begrens Of billikheid beslis? Die tyd verander, maar die mens Bly wat hy altyd is. Vaandraers vir die toekoms, ons, Vandag se mense, treur As volke-tweedrag om ons gons En elk van haar verkleur. Ons is so danig doodsbesorg Vir wat ons self kan kry, [pagina 407] [p. 407] Geeneen het lus te staan as borg Vir deug teen dwingelandy. Vorige Volgende