Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende O, laat my gaan na die ontong-land O, laat my gaan na die ontong-land Waar alles anders is as hier, Waar die huise staan op willesand En opdraand loop die groot rivier; Waar die sterre op helder dag verskyn En die son sy lig vir maanskyn gee, Waar die mense drink in plaas van wyn Die stroopsoet water van die see - Daar sal ek miskien 'n kans weer kry Om deur te werk en voort te stry. O, soebat en sug en smous jou siel Vir wie wil koop 'n stuk daarvan. As die tyd se terg jou krag verniel, Loop bedel pensioen net waar jy kan. Staan wat jy het aan vriende af, Leen vir jou buurman uit jou kas En vind as jou eie nood jou straf Net vreemdelinge waar vriende was. Broer, as ek jou 'n raad kan gee, Trap vas vandag en antwoord: nee! Vorige Volgende