Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 406] [p. 406] O mors die lewe nie O mors die lewe nie; daar's te min tyd Vir hondgeblaf teen elkeen wat baklei, Of broedertwis met wie kleingeestig stry, Vir treur, of twyfel, haat of moedloosheid. Daar's net maar tyd om aan jou taak gewyd Die werk te doen, jou van jou plig te kwyt, En as die doodsklok lui, jou rus te kry. Vorige Volgende