Versamelde gedigte
(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 404]
| |
Het vyande en vriende dieselfde gesig.
Geséls oor 'n nietige, nikswerd saak,
Praat agtelosig oor dit en dat,
Sorg dat jou hand nie aan myne raak,
Sorg dat my siel nie aan joune vat.
Ek soek vergeefs na die vrindskap, vrede -
Gewaarborg - het jy jou eed vergeet?
Ek dwaal verniet in die ver verlede,
Ek tas in die donker, en jy wat weet,
Jy staan verstyf in jou koue moed;
Jy hoor geen kreun van my sìel se smart,
Jy vrind, tevore - my vrind. Dis goed:
Die groen word dowwer, die duister swart.
Nimmer vir my sal jou kamer klaar wees,
Nimmer vir my sal jou siel weer lag;
Nimmer my waarheid vir jou weer waar wees;
Nimmer my daglig vir jou weer dag.
|
|