Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Waarom die duislende dweepsug Waarom die duislende dweepsug na alles wat skoon is? Skoonheid vergaan, en die geur en die kleur; Lyne verflou en die ronde verkant; en wat loon, is Net maar die invloed van wat ook gebeur. Omdat ek liefkoos, en genot het in alles wat lewe, Alles wat in hom besit selfs 'n grein Van die siel wat onsterflik hom uiter in skoonheid en bewe Vir wat ook sy skoonheidsbestaan kon ontrein; Omdat ek die skim wat ek sien, wil verwelkom en streel, Groots in my moed uit begeerte gebore, Net soos 'n man sy geliefde begroet as die deel Toegeken aan hom in dae tevore. Nie vir die siener wat siende genot en verdrukking Vinde in wat hy aanskou, is die taak Om soos 'n duiker, daar onder die see se verdrukking, Pêrels te soek waar die see om hom kraak. Vorige Volgende