Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Ons haat mekaar Ons haat mekaar, beny mekaar En knyp geniepsig waar ons kan Vir slegsê en vir seermaak klaar, Staan elkeen vierkant ingespan. Op al wat skoon is, as jy kyk En net noukeurig ondersoek, Daar vind jy vlekke, en dit lyk Soms groter as die hele boek. Ons tyd is kort en kuns is lang, En niks so maklik as 'n steek Die klap wat soms die kus vervang En soms die band van vrindskap breek. Geen aalmoes van die see - laat staan 'n Loflied wat die wind sal sing In koue vlaktes waar die maan Sy kouer silwer strale bring - Verwag die kunstenaar wat sy werk Verrig het, eerlik en opreg, En wat kan staan, bedaard en sterk, Oor iemand baas, vir niemand kneg. Vorige Volgende