Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 402] [p. 402] Meer Slampamperliedjies Ek het man en vrou met my sussie gespeel Ek het man en vrou met my sussie gespeel - Ons was nog maar klein in dié dae, Ons het ons mos toe baie dinge verbeel En baie geniet en gewae. Ek het haar my trou en my liefde gesweer, - Gehoorsaamheid, liefde, sy my. Ons kind - ag, hy was maar 'n langlyfie-peer - Het ons baie voorbeeldig opgelei. Ons het nooit nie getwis nie oor dit en dat, En nooit politiek gepraat, En nooit nie geskinder oor wie en wat En ander se kattekwaad. Dis jare, en jare, en jare gelede! Vandag weet ons anders albei, Deur die jare heen skyn die kinder-vrede: Iets wat ons nooit weer sal kry. Vorige Volgende