Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Wingerd-lied Die hanepoot se wyn, Is 'n suiwer soetigheid; As jy in die son die tros sien skyn Met sy dons waarin die son verdwyn, Dan dink jy somaar aan die tyd Van die hanepoot se wyn. Die hanepoot se wyn Is 'n ding om mee te lag; Daar's mense wat sitkreun en kwyn As hul lewe smaak soos terpentyn, Plaas dat hul drink, op helder dag, Van die hanepoot se wyn. Die hanepoot se wyn Hou son en soet en kleur; Die druiwegees, deur gis verfyn, Is 'n ander drank as suur asyn; Kom wees verstandig; ruik die geur Van die hanepoot se wyn. [pagina 403] [p. 403] Die hanepoot se wyn Is 'n weldaad en 'n seën; Dit gee verligting as die pyn Van lewensmart ondraaglik skyn. Kom wees verstandig; koop of leen Van die hanepoot se wyn. Vorige Volgende