Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende O, huil nie as die hartseer O, huil nie as die hartseer, wat onthou hoe blink jou liefde was, jou byna breek. Hoe wreed geniepsig ook die Dood mag steek en sonder meely vir jou siel mag knou, bly stil. Die traan gestort uit smart en rou, uit jammerkry wat vir genade smeek, is net bewys van swakheid, bros en bleek, en moedeloosheid en hoe jou hart verflou. Die diepste droefnis, soos die oseaan waaroor die skielike onweer storm en gil, bly in sy dieptes kalm, bedaard en stil, hoe wild ook om en oor hom branders slaan. En die gefolterd', pyn-verwronge siel vind troos in stilte, ook as die Dood verniel. Vorige Volgende