Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende O Boetie, as die dag my byna breek O Boetie, as die dag my byna breek, Die dag wat skerp, meedoënloos en wreed Met helder lig my diep geheime ontleed, Om uit te vinde wat daaragter steek En van my verg meer as my siel kan kweek, Opoffering, offerande en wie weet? - Die krag om te vergeef en te vergeet En nie weer vir myself ooit iets te smeek; Dan voel ek soos 'n vegter wat gevaar Wat agter lê ontsien omdat opsy, [pagina 401] [p. 401] Sterk en beskermend, tot die dood getrou, Sy krygsmaat dapper staan vir alles klaar; En vir die blou bleek dag se dwingelandy Het ek geen vrees meer, want ek steun op jou. Vorige Volgende