Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende As ek een guns mag vra As van die Gode ek een guns mag vra En maar slegs een, soos Midas, ooit kan kry, Dan sal ek nooit, onnosel net soos hy, Gaan pleit om iets wat altyddeur sal pla - Om skatte en geld, om al wat rykdom dra, Of praal en prag en pronk van heerskappy, Of iets waarvoor die meeste mense stry En het hul dit, daar later oor sal kla. Ja nee, my nood sal ek slegs openbaar, My vurige wens vryuit en frank erken En eerlik dank sê as ek dit behaal: ‘Die liefde wat my vriende vir my spaar, Laat my dit waardig bly en laat ek wen Meer liefde as ek ooit kan t'rugbetaal!’ Vorige Volgende