Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Onweer 'n Onweer dreig oor berg en bult en dal, Swart-blou groot donderwolke wit berand, Haelswanger wolke waar die blits in brand Soos pyle van blink goud wat veraf val, Pak aanmekaar, en as die donder knal, Weergalm die kloof se kranse en die land, Deurnat met reën, erken 'n reusehand Wat skommel en skud en speel met die heelal; En die onstuimige mensesiel wat bruis, Net soos die hemel bo, met wilde krag [pagina 399] [p. 399] Wat uitweg en verligting soek in stryd, Besef sy onmagtige stoei as oor hom suis Die naklank van die donder en die nag Hom weer kom sus met sterre-heerlikheid. Vorige Volgende