Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 398] [p. 398] My pronkpaleise Van kindsbeen af - hoe karig ook my kragte Om teen die dag se opperheerskappy, Die felle lig wat druk en dood, te stry - Het ek probeer deur stille pers-swart nagte, Besaai in glorie met ontelbre pragte Van helder sterreligte, ry aan ry, Om nuwe moed vir nuwe werk te kry En vir my troos te skep uit ou volbragte Verbeeldingsbouwerk vroeër in droom gebou. Toe het ek opgestapel torings hoog Soos dié van Babel bo die boonste sfeer, En trotse pragpaleise kobaltblou, Elkeen 'n ewige skoonheid vir die oog En elk 'n erfnis wat ek kon waardeer. Vorige Volgende