Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Nog snood verwyt Nog snood verwyt, nog wat veragting eis Van een wat eers gekus is, dan verraai, Sal ek probeer net om my siel te paai, My trotse siel so koppig-eiewys, Wat vroeër steeds net lof kon gee en prys En net die goue wierookvat kon swaai Om wat alreeds so skoon was, te verfraai, En uit 'n puin te skep 'n paradys. Nee, liefs sal ek, nou dat my drome oor is En daglig met sy felle wreedheid toon Hoe minderwaardig klein my afgod is, My wapenrusting aantrek. Wat verloor is, Kan nuwe werk en nuwe moed verskoon, Al bly die neerlaag as gedagtenis. Vorige Volgende