Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Ontnugtering O liefling, as ek luister na die wind Wat snags so klaend en weemoedig suis Deur die eikeboom se blare bo die huis, Dan dink ek terug aan toe ek nog as kind Gelukkig was, onskuldig, trougesind Aan wie ek lief gehad het, sonder kruis Of bitter hoon wat skielik op kan bruis En skaars versagting in vergeet kan vind. Dit was die tyd voor ek jou eers gesien het, Voor ek kon weet dat liefde wreed kan wees En ergste smart 'n droef genot kan dra. Eers na my hart se hartstog jou bedien het Tot sterwens toe, bankrot aan hoop en gees, Het ek geleer hoekom die nagwind kla. Vorige Volgende