Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die nuwe dag O skildwag op die toring wat kan kyk Die wêreld oor tot waar die dagbreek wys, Met rooi en groen, met perlemoen en grys, Die opgaan van die son, wat met sy ryk Blink prag van kleur oor punt en helling pryk En van die laaste skemerskaduwees eis Sy reg as heerser om 'n paradys Van lig te skep voordat sy lig beswyk. O wagter, sê, wat sien jy in die skyn Van nuwe dag wat oor die wêreld daal? [pagina 397] [p. 397] 'n Volk verryk tot verder durf en doen, Of deur sy hoogmoed weer tot dwerg verklein? 'n Land waarin die skim van voorspoed dwaal, Of waar verwelkte vryheid weer vergroen? Vorige Volgende