Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 396] [p. 396] Skoonheidstroos Vind vir jouself 'n skuilte op die veld In die eensaamheid waarin die aalwyn troon, Omring deur grootse kranse, pragtig, skoon, Verweer deur wind en tyd se kras geweld; Met ou-hout in die klowe, wat vermeld Hierlangs het eers, ryk deur sy krag beloon, 'n Skoner skoon as wat nou is, gewoon. En laat wat oorbly van die prag vergeld Die groot misnoeë en die moedeloosheid Van jare lank; en bid dat jy behou - Al moet jy vir behoud jou rykdom gee En bedelaar word vir aalmoesguns bereid - 'n Siel wat juig om skoonheid te aanskou En in die sien daarvan te vind sy vree. Vorige Volgende