Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die Maan Die Maan het twee gesigte. Een gesig Is altyd van die wêreld weggedraai, Deur niemand ooit gesien nie, nooit verraai Deur die weerkaatsing van die son se lig. Die ander na ons wêreld toe gerig Vanaf sonsondergang tot hanekraai, Blink met sy silwermaanskyn volgelaai. Een ewig onvermydelik verplig Om in die donker ongesien te bly, Die ander heerlik met sy helder skyn Vir elkeen sienbaar deur die lewe heen. En ons wat net die een te sien kan kry, Vergeet die ander as die son verdwyn En die jong maan se strale om ons reën. Vorige Volgende