Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Redes I Omdat wat lewe aanbied op sy weg, Daarvóór waar nog die ongebore dag Met liefdevolle aanblik wink en lag Met geilste goud-verbeelding deurgevleg - 'n Toekoms-keiserryk vir wie wil veg En deur wil win met stoere mensekrag, Nog moed vereis, en meer as moed, die mag Om baas te wees in plaas van net maar kneg, Versaak die bange siel wat, struikelmoeg, Die berg bereik, die harde opdraand pad En kies die omdraai-voetpad deur die vlak; Genoeg vir hom die grastapyt; genoeg Die skaduwee-koelte en die veld se glad As rusplek met die bloute bo as dak. Vorige Volgende