Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende II Ek gun die gierigaard sy gierigheid; Die lewenslustige seun sy lewensroes; Die wind sy nuk om wild te waai en woes; Die ryp sy brok'lig wit in winterstyd; Ek gun die see sy liefde wat tot nyd Verswak, soos sterkhard staal verswak tot roes; Ek gun die graan die goudbestraalde oes; Die son sy krag wat somergroen verslyt. Maar nimmer nie, vrygewig en tevree Met wat ek het of wat ek nog sal kry Hoe kort my lewenslus ook is, of dun Die liefde wat die lewe vir my gee. Al is dit tyd verniet om teen te stry Sal ek die Dood my liefling-liefde gun. Vorige Volgende