Versamelde gedigte
(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 393]
| |
Die opdraand van die lewe tot die kim
Van die hiernamaals met sy harmonie -
Dit is die taak van altwee, en nie die
Nog daardie een nie, sal die eerste glim
Van veraf god'lik waarheid vooruit merk
Voor hy sy taak voleinde het, en, vry
Van aardse afguns en alleenloop trots,
Deur suiwer liefde tot sy siel versterk,
Sy staanplek naas die nuut beligtes kry
Bereënboog op die allerhoogste rots.
|
|