Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Op Poeloe-piesang Rond om my grens die apies, en die see Wat sag die seeskuim skommel teen die klei, Net soos 'n moeder wat haar kind wil gee 'n Droomloos sluimer, sing sy lied vir my - 'n Lied wat ryk is in sy sag refrein, Wat my laat dink hier, wat hy hier laat voel Weemoedig in my hart die huistoe-pyn, As op die strand die warm seebranders spoel. Hier pryk die klapper-palme; 'n prieël Vol bloeisels geurig as 'n vlei by nag Is oor my, en die son maak goud en geel In plasse teen die struikgewas se prag - 'n Vreemde wêreld, om my vreemde vee, Maar tog my eie son, my Kaapse see. Vorige Volgende