Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 392] [p. 392] Sonnette Aan A.T. Ons het 'n oomblik van ons tyd verspil Met planne vir die toekoms - met die bou Van Spaanse skimkastele; want ons hou Soos kinders van maak-wys speel, en ons wil 'n Grein verbeelding loskoop vir 'n gril. Dis goed, ou Tannie: elkeen van ons brou Halfaampies van plesier; elkeen aanskou 'n Heerlike vooruitsig, en verskil Alleen in dit, dat somtyds een van ons Bespeur die skade naderend aan die kim, Waar andre net maar op die sonskyn wys; En een sien engele in 'n purperdons, Waar andre net gewaar 'n isegrim, Wat eewig waghou voor ons Paradys. Vorige Volgende