Versamelde gedigte
(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 380]
| |
Waar net die grou verlede
Oor alles nog regeer;
In eensame woestyne,
Die kluisenaar se skuil,
Waar hy sy troos, ek myne,
Vind by die dagsku uil;
Op wemelende strate,
Waar baie mense woel,
Plebejers en magnate
Wat net dieselfde voel;
Op water en op aarde,
Die berg op, in die dal,
By vreemdeling en vermaarde,
Waar ook my voetstap val,
Het ek probeer, geduldig,
Aanhoudend, om te kry
'n Antwoord wat verskuldig
Deur al die jare bly.
|
|