Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Lewenswysheid Wil jy gehoor gee, vrind, of nooit nie hoor nie As Liefde en Meely met jou kennis stry? O, ons verstand reik nooit die bulte oor nie Wat Siel van Selfsug skei! Net met die hartstog uit die hart gebore, Net met die liefde wat uit liefde ontstaan, Peil jy die dieptes van bestaan tevore Eerdat jou siel vergaan. [pagina 373] [p. 373] Net met die groter kennis en die gawe Wat eerlik aansien van jouself kan gee, Kan jy jou eie siele-folter lawe, En troos weer vind en vree! Vorige Volgende