Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende II Dis mos dieselfde strate, Wat ons in Kaapstad het; Dieselfde Slamse moetjies, Dieselfde kinderpret. En amper dieselfde bome, En wrintig dieselfde see En net die berge is anderster, En anderster die see. Dit is karboue wat daar wei - Ons het die goed mos nie; En 'n Slamaaierse klonkie Die hurk daar op sy knie. Vorige Volgende