Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Aan 'n vrind oor die water Skoon dag, wat skimmer soos kristal, Blou berge in die verte voor, Die wêreld half in groen versmoor En orals blomme teen die wal; So is dit om my; maar ek weet Dieselfde son wat my bestraal Lyk in jou winter-wêreld vaal As woud en wei sy mag vergeet. Dits wit kapok wat jou omring En sneeu-dons wat jou oog laat traan, Dof sterre en 'n dowwer maan En duister wat Desember bring. Vrind, as die winter om jou val, Vertrou die somer sal nie faal, Dieselfde son sal met sy straal Jou lug laat skimmer soos kristal. Vorige Volgende