Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 365] [p. 365] Ou-jaar Duisendmaal duisend tonge Tolk prys in die skemeraand, Dis diep in die hart van die somer, Die eind van Desember-maand. Die jaar lê op sterwe, Hy het so baie gely; Daar's nie eers 'n doodkis klaar nie: Hy moet onbegrawe bly. Vorige Volgende